10 die twee niere en die niervet aan die kruis en ook die punt van die lewer wat hy saam met die niere uithaal.
11 Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n ete, ’n vuur-offer vir die Here.
12 “Wanneer die persoon ’n bok wil offer, dan moet hy dit nader bring voor die Here.
13 Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet die dier slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
14 Die persoon moet dan ’n deel bring van die dier wat hy gee. Dit is ’n vuur-offer vir die Here. Hy moet die netvet en die vet aan die binnegoed verbrand,
15 en ook die twee niere, die niervet wat aan die kruis is, en die punt van die lewer, wat hy saam met die niere uithaal.
16 Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Al die vet behoort aan die Here.