3 Die persoon wat die offer gee, moet dan die ete-offer nader bring, dit is die vuur-offer vir die Here. Die vuur-offer is die netvet, al die vet aan die binnegoed,
4 die twee niere, die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer. Hy moet dit saam met die niere uithaal.
5 Die priesters van die nageslag van Aäron moet dit op die altaar verbrand saam met die brand-offer wat op die hout op die vuur is. Dit is ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here.
6 “Wanneer die persoon vir die Here ’n skaap of ’n bok vir ’n ete-offer wil gee, dan moet hy ’n gesonde ram of ooi gee.
7 As hy ’n skaap wil gee, dan moet hy dit nader bring voor die Here.
8 Hy moet sy hand op die kop van sy offer-dier sit en hy moet dit slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
9 Die persoon moet dan ’n deel van die ete-offer vir die Here bring, dit is ’n vuur-offer. Die deel is: die vet, die hele vetstert wat hy by die stuitjie afsny, die netvet, al die vet aan die binnegoed,