7 As hy ’n skaap wil gee, dan moet hy dit nader bring voor die Here.
8 Hy moet sy hand op die kop van sy offer-dier sit en hy moet dit slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
9 Die persoon moet dan ’n deel van die ete-offer vir die Here bring, dit is ’n vuur-offer. Die deel is: die vet, die hele vetstert wat hy by die stuitjie afsny, die netvet, al die vet aan die binnegoed,
10 die twee niere en die niervet aan die kruis en ook die punt van die lewer wat hy saam met die niere uithaal.
11 Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n ete, ’n vuur-offer vir die Here.
12 “Wanneer die persoon ’n bok wil offer, dan moet hy dit nader bring voor die Here.
13 Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet die dier slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.