1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer iemand sonde doen teen een van die gebooie van die Here, wanneer hy iets doen wat hy nie mag doen nie, maar hy weet dit nie, dan moet julle só doen:
3 “Wanneer die gesalfde priester sonde gedoen het en hy het die volk skuldig laat word, dan moet hy ’n gesonde bul vir die Here gee. Dit is ’n sonde-offer.
4 Hy moet die bul bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet sy hand op die kop van die bul sit en hy moet die bul daar voor die Here slag.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en hy moet dit bring na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.