11 Maar hy moet die bul se vel, en ook al sy vleis, sy kop en pote, sy binnegoed en sy pensmis,
12 die hele bul, buite die kamp neem na ’n rein plek, die ashoop. Daar moet hy dit verbrand op ’n houtvuur.
13 “Miskien het die hele volk Israel sonde gedoen, maar hulle weet dit nie, hulle het iets gedoen teen een van die gebooie van die Here, iets wat ’n mens nie mag doen nie, en hulle het skuldig geword.
14 Wanneer hulle dan uitvind dat hulle die sonde gedoen het, dan moet die volksvergadering ’n bul gee om ’n sonde-offer te wees. Hulle moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
15 Die leiers van die vergadering moet hulle hande daar voor die Here op die kop van die bul sit, en hulle moet die bul slag.
16 Die gesalfde priester moet ’n bietjie van die bul se bloed in die tent bring, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
17 Hy moet sy vinger in die bloed steek en hy moet dit sewe maal voor die gordyn spat, daar voor die Here.