3 “Wanneer die gesalfde priester sonde gedoen het en hy het die volk skuldig laat word, dan moet hy ’n gesonde bul vir die Here gee. Dit is ’n sonde-offer.
4 Hy moet die bul bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet sy hand op die kop van die bul sit en hy moet die bul daar voor die Here slag.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en hy moet dit bring na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
6 Dan moet hy sy vinger in die bloed steek en hy moet die bloed sewe maal voor die gordyn van die gewyde plek spat.
7 Daarna moet hy ’n bietjie van die bloed smeer aan die horings van die wierook-altaar, daar voor die Here in die tent, en dan moet hy al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar voor die tent.
8 Dan moet hy al die vet van die sonde-offerbul uithaal. Dit is die netvet, die vet aan die binnegoed,
9 die twee niere saam met die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer wat hy saam met die niere uithaal.