15 “Iemand wou miskien nie verkeerd doen nie, maar hy het verkeerd gedoen met die gewyde dinge van die Here. Dan moet hy ’n gesonde skaap-ram vir die Here gee om ’n skuld-offer te wees.
16 Die persoon moet dan die geld betaal vir die sonde wat hy gedoen het teen die gewyde dinge. Hy moet ook nog een vyfde bysit en hy moet dit vir die priester gee. Die priester moet dan vir die persoon versoening doen met die ram wat ’n skuld-offer is, en die Here sal die persoon se sonde vergewe.
17 “Iemand weet miskien nie dat hy sonde doen omdat hy ongehoorsaam is aan een van die gebooie nie. As hy ongehoorsaam is, dan is hy skuldig en dan moet hy betaal.
18 Hy moet ’n gesonde skaap-ram na die priester toe bring om ’n skuld-offer te wees. Jy moet sê hoe groot die ram moet wees. Die priester moet dan versoening doen vir die sonde wat die persoon gedoen het. Hy het nie geweet dat hy die sonde doen nie maar hy het dit gedoen. Die Here sal hom vergewe.
19 “Dit is die skuld-offer, wanneer iemand regtig skuldig is voor die Here.”