1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Wanneer iemand vir ’n ander Israeliet iets gegee het om vir hom te bêre of wanneer hy dit vir hom geleen het, en die ander Israeliet sê hy het dit nie, dan doen hy sonde en hy is ontrou aan die Here. Hy doen ook sonde wanneer hy ’n ander Israeliet se goed vir homself vat, of wanneer hy die ander Israeliet slaan en seermaak en sy goed vat,
3 of wanneer iets van ’n ander Israeliet weggeraak het, en hy kry dit, maar hy sê nie hy het dit gekry nie. Hy sê die Here is die getuie, maar hy lieg. Wanneer iemand een van hierdie dinge doen, dan het hy sonde gedoen.
4 Hy het sonde gedoen en hy is skuldig, hy moet die goed teruggee wat hy gevat het of wat iemand by hom gebêre het, hy moet die goed teruggee wat weggeraak het en wat hy gekry het,
5 hy moet alles teruggee waaroor hy gelieg het en gesê het die Here is die getuie. Wanneer mense sê dat hy dit gedoen het, en hy is skuldig, dan moet hy alles teruggee en hy moet ook nog een vyfde daarby sit.
6 Hy moet ook vir die Here ’n skuld-offer gee. Hy moet ’n gesonde skaap-ram vir die priester bring om ’n skuld-offer te wees. Die priester moet sê hoe groot die ram moet wees.