2 Hulle moet die dier wat die skuld-offer moet wees, slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die brand-offer slag.
3 Die priester moet al die vet van die dier offer, die stertvet en die vet wat oor die binnegoed is.
4 Hy moet ook die twee niere offer, en die vet wat aan die niere is by die kruis, en ook die punt van die lewer wat hy saam met die niere uitsny.
5 Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer vir die Here, dit is ’n skuld-offer.
6 ’n Man of ’n seun van die priesters se familie mag die vleis van die skuld-offer eet. Hulle moet dit eet op ’n gewyde plek, dit is hoog-gewyd.
7 Hulle moet dieselfde doen met die skuld-offer soos met die sonde-offer. Die priester wat versoening doen, kry dit.
8 “Die priester wat iemand se brand-offer offer, mag die vel kry van die dier wat hy ge-offer het.