1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Jy moet vir Aäron en sy seuns neem, en die klere, die salf-olie, die bul wat ’n sonde-offer moet wees, die twee skaap-ramme en die mandjie ongesuurde brood.
3 En jy moet die hele volksvergadering laat bymekaarkom by die ingang van die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.”
4 Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hy het die volksvergadering laat bymekaarkom by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
5 Moses het vir die volksvergadering gesê: “Dit is wat die Here vir ons gesê het om te doen.”
6 Daarna het Moses vir Aäron en sy seuns laat nader kom en hy het hulle gewas.