19 Mattenai van die Jojarib-familie, Ussi van die Jedaja-familie,
20 Kallai van die Sallu-familie, Eber van die Amok-familie,
21 Gasabja van die Gilkija-familie en Netanel van die Jedaja-familie.
22 Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf op die naamlys in die tyd toe Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua die hoëpriesters was. Die name van die priesters is op die naamlys geskryf in die tyd toe Darius koning van die land Persië was. Darius was een van die mense van Persië.
23 Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf in die dagboeke tot in die tyd toe Joganan seun van Eljasib die hoëpriester was.
24 Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Die ander Leviete saam met hulle het voor hulle gestaan om die Here te prys en vir Hom dankie te sê. Dawid, die man van God, het gesê die twee groepe moet só oorkant mekaar staan.
25 Die ander hoofde van die Leviete was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat die stoorkamers by die poorte opgepas het.