33 en ook Asarja, Esra, Mesullam,
34 Juda en Benjamin, Semaja en Jeremia.
35 Ná hulle het priesters geloop wat trompette geblaas het. Hulle was Sagaria seun van Jonatan seun van Semaja seun van Mattanja seun van Miga seun van Sakkur seun van Asaf,
36 en die priesters Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani. Hulle het gespeel op die musiek-instrumente van Dawid, die man van God. Die sekretaris Esra het voor hulle geloop.
37 By die Fontein-poort het hulle reguit opgegaan by die trappe van die Dawidstad, daar waar die muur boontoe gaan, en toe verby die paleis van Dawid tot by die Water-poort by die oostekant.
38 Die ander groep mense wat moes sing, het na die ander kant geloop. Ek en die ander helfte van die mense het agter hulle geloop, op die muur oor die Bakoond-toring tot by die Breë Muur,
39 oor die Efraim-poort, die Ou Poort, die Vis-poort, die Gananel-toring, die Toring-van-die-Honderd tot by die Skaap-poort, en by die Wag-poort het ons gaan staan.