1 Daardie dag het die mense gehoor dat die Boek van Moses sê:“Daar mag nooit Ammonieteof Moabiete in die volkvan God wees nie,
2 want hulle het nie vir die Israelietekos en water gegee nie,en Balak het vir Bileam gehuurom die Israeliete te vervloek.”Ons God het gekeer dat Bileam die Israeliete vervloek, hy moes hulle seën.
3 En toe die mense hoor wat die wette sê, het hulle gesê almal wat nie Israeliete is nie, moet weggaan.
4 Die priester Eljasib moes kyk dat alles reg is in die kamers by die tempel van ons God. Hy was familie van Tobija, en hy het voorheen
5 vir Tobija ’n groot kamer gegee om in te woon. Dit was die kamer waarin hulle voorheen die koring vir die koring-offer gebêre het en ook die wierook en die gereedskap en die tiendes van koring, wyn en olyf-olie. Die Leviete en die mense wat moes sing en die poortwagte moes die tiendes kry, en die priesters moes hulle eie deel van die tiendes kry.