10 Sanballat die Goroniet en Tobija, die amptenaar by die Ammoniete, het daarvan gehoor. Hulle was kwaad en ontsteld, want hulle wou nie hê dat daar iemand moes kom wat iets goed vir die Israeliete wil doen nie.
11 Ek het in Jerusalem gekom. Nadat ek drie dae daar was,
12 het ek in die nag uitgegaan. Daar was net ’n paar manne by my. Ek het vir niemand gesê wat my God my laat besluit het om vir Jerusalem te doen nie. Daar was ook nie diere by my nie, net die dier waarop ek gery het.
13 Ek het in die nag uitgegaan by die poort in die vallei. Ek het gegaan tot by die Jakkals-fontein en die Vullis-poort. Ek het gekyk hoe lyk die muur van Jerusalem. Vyande het die muur afgebreek en die poorte verbrand.
14 Ek het verder gegaan na die Fontein-poort en die Koning-dam. Die dier waarop ek gery het, kon nie daar verbykom nie.
15 Ek het toe in die nag in die vallei opgegaan en gekyk hoe lyk die muur. Toe het ek omgedraai en ek het deur die poort in die vallei teruggegaan in die stad.
16 Die leiers het nie geweet waarnatoe ek gegaan het en wat ek gedoen het nie. Voor daardie dag het ek niks gesê vir die Judeërs, die priesters, die belangrike mense, die leiers en die ander mense wat die werk moes doen nie.