Nehemia 3:13-19 ABA

13 Ganun en die mense van die stad Sanoag het die poort in die vallei reggemaak. Hulle het die mure van die poort gebou en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hulle het ook die stuk muur tot by die Vullis-poort gebou, die stuk muur was 1 000 el lank.

14 Malkija seun van Rekab het die Vullis-poort reggemaak. Malkija was die amptenaar wat regeer het oor Bet-Kerem, een van die dele van Jerusalem. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke.

15 Sallun seun van Kol-Gose het die Fontein-poort reggemaak. Sallun was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, een van die dele van die stad. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die dak opgesit en die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hy het ook die muur by die Kanaal-dam weer gebou, van die tuin van die koning tot by die trappe wat afkom uit die Dawidstad.

16 Nehemia seun van Asbuk het die stuk muur reggemaak tot oorkant die Dawid-grafte en tot by die dam wat die mense gebou het. Dit was by die kamers waar die spesiale manne van die koning gewoon het. Nehemia was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Bet-Sur, een van die dele van Jerusalem.

17 Die Leviete het die volgende stukke van die muur reggemaak. Regum seun van Bani het die eerste stuk reggemaak. Gasabja het die volgende stuk reggemaak. Dit was die stuk langs sy deel van die stad. Gasabja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van Keïla, een van die dele van die stad.

18 Die Leviet Bawwai seun van Genadad het die volgende stuk reggemaak. Bawwai was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van Keïla, een van die dele van die stad.

19 Die Leviet Eser seun van Jesua het ’n tweede stuk reggemaak, die stuk van oorkant die plek waar ’n mens opgaan na die wapenkamer op die hoek van die muur. Eser was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, ’n deel van die stad.