20 Baruk seun van Sabbai het ook ’n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die hoek tot by die poort van die huis van Eljasib, die hoëpriester.
21 Meremot seun van Urija seun van Kos het ’n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk van die poort voor die huis van Eljasib tot by die kant van Eljasib se huis.
22 Die priesters wat daar naby gewoon het, het die volgende stuk van die muur reggemaak.
23 Benjamin en Gassub het die stuk oorkant hulle huis reggemaak, en Asarja seun van Maäseja seun van Ananeja het die stuk oorkant sy huis reggemaak.
24 Binnuï seun van Genadad het ’n tweede stuk van die muur reggemaak. Dit was van die huis van Asarja tot by die draai en die hoek van die muur.
25 Palal seun van Usai het die stuk reggemaak oorkant die draai en die toring. Dit is die toring wat uitsteek bokant die boonste paleis wat by die binneplaas van die wagte is. Pedaja seun van Paros
26 en die tempel-slawe wat op die Ofel gewoon het, het die stuk van die muur reggemaak tot by die Water-poort oos van die toring wat uitsteek.