4 En party het gesê: “Ons moes ons koringlande en ons wingerde gee om geld te kry om die belasting van die koning te betaal.
5 Ons en ons kinders is ook Judeërs, maar ons moes ons seuns en dogters gee om slawe te word. Party mans het party van ons dogters verkrag, en ons kan niks doen nie. En ons koringlande en ons wingerde behoort nou aan ander mense.”
6 Ek was baie kwaad toe ek hoor wat hulle sê.
7 Ek het daaroor gedink, en toe het ek die belangrike mense en die leiers beskuldig en vir hulle gesê: “Julle wil hê julle broers moet meer en meer geld vir julle skuld.”Ek het die mense bymekaargeroep, en ons het ’n groot volksvergadering gehou om hulle te beskuldig.
8 Ek het vir die belangrike mense en die leiers gesê: “Die Judeërs moes hulleself verkoop aan mense wat nie Israeliete is nie, maar ons het hulle losgekoop. Nou verkoop julle hulle weer, en ons sal hulle wéér moet loskoop.”Hulle het stilgebly, niemand het iets gesê nie.
9 Toe sê ek: “Dit is nie ’n goeie ding wat julle doen nie. Julle moet só lewe en julle moet die Here só dien dat ons vyande, die heidene, niks sleg van julle kan sê nie.
10 Ek en my broers en my manne het ook vir hierdie mense geld en koring geleen. Ons moet nou vergeet dat hulle vir ons iets skuld.