16 “Maar hulle, ons voorvaders, was opstandig en hardkoppig, hulle het nie gedoen wat U wil hê nie.
17 Hulle was ongehoorsaam, hulle het nie die wonderwerke onthou wat U gedoen het nie. Hulle was hardkoppig, hulle was opstandig, hulle wou teruggaan om weer slawe te wees.“Maar U is God, U vergewe mense se sondes, U is genadig, U is goed vir mense wat swaarkry, U is geduldig, U doen altyd wat U belowe het. U het hulle nie gelos nie.
18 U het hulle ook nie gelos toe hulle vir hulle ’n kalfbeeld gemaak het en vir U beledig het nie. Hulle het gesê die kalf is die god wat vir hulle uit die land Egipte gebring het.
19 U was goed vir hulle toe hulle swaargekry het, U het hulle nie gelos in die woestyn nie. Die wolk het daar gebly om hulle in die dag te lei op die pad, en die vuur het in die nag lig gemaak op die pad waar hulle moes gaan.
20 U het u goeie Gees vir hulle gegee om vir hulle te leer, U het aangehou om vir hulle manna te gee om te eet, en water om te drink.
21 U het 40 jaar lank vir hulle gesorg in die woestyn, hulle het genoeg gehad van alles. Hulle klere het nie stukkend geword nie en hulle voete het nie geswel nie.
22 U het vir hulle lande en volke gegee. Hulle kon alles vir hulle vat, die land Gesbon van koning Sihon, en die land Basan van koning Og.