12 Die Israeliete het toe uit die Sinai-woestyn gegaan en hulle het verder gegaan totdat die wolk gestop het in die Paran-woestyn.
13 Hulle het weer verder begin gaan toe die Here vir Moses gesê het hulle moet gaan.
14 Iemand het voor geloop en hy het die vlag van die Juda-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan.Nagson seun van Amminadabwas die hoofvan die Juda-groep.
15 Netanel seun van Suarwas die hoofvan die Issaskar-groep.
16 Eliab seun van Gelonwas die hoofvan die Sebulon-groep.
17 Hulle het die tempel-tent afgeslaan, en die Gerson-familie en die Merari-familie het die tent gedra en ook gegaan.
18 Daarna het iemand die vlag van die Ruben-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kamp was, gegaan.Elisur seun van Sedeürwas die hoofvan die Ruben-groep.