21 Daarna het die Kehat-familie gegaan en hulle het die gewyde dinge gedra. Die priesters het die tempel-tent op die nuwe kampplek opgeslaan voordat die Kehat-familie daar aangekom het.
22 Daarna het iemand die vlag van die Efraim-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Elisama seun van Ammihudwas die hoofvan die Efraim-groep.
23 Gamliël seun van Pedasurwas die hoofvan die Manasse-groep.
24 Abidan seun van Gidoniwas die hoofvan die Benjamin-groep.
25 Die laaste vlag was altyd die vlag van die Dan-kamp. Iemand het dit gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Agiëser seun van Ammi-Saddaiwas die hoofvan die Dan-groep.
26 Pagiël seun van Okranwas die hoofvan die Aser-groep.
27 Agira seun van Enanwas die hoofvan die Naftali-groep.