1 Eendag het die Israeliete gekla dat dit sleg gaan met hulle, en die Here het gehoor dat hulle kla. Hy het kwaad geword en Hy het vuur tussen hulle laat brand. Die buitenste deel van die kamp het verbrand.
2 Die volk het gevra dat Moses hulle moet help, en Moses het tot die Here gebid, en die vuur het doodgegaan.
3 Hulle het daardie plek “Die Brandplek” genoem, omdat die Here daar ’n vuur tussen hulle laat brand het.
4 Eendag het ’n paar slegte mense wat tussen die Israeliete was, baie lus geword vir vleis. Die Israeliete het ook gehuil en gevra: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
5 Ons dink aan die vis wat ons in Egipte kon eet, ons het nie daarvoor betaal nie. En ons dink aan die komkommers, die spanspekke, die preie, die uie en die knoffel.
6 Maar nou moet ons droë kos eet. Ons sien net manna, niks ander kos nie.”
7 Die manna was soos koljander-saad en dit het geblink soos ’n boom se gom.