10 Moses het gehoor dat die mense huil, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here was baie kwaad, en Moses was bang en ontsteld daaroor.
11 Moses het vir die Here gevra: “Hoekom laat U my swaarkry? Ek is u dienaar. Hoekom is U onvriendelik met my? U het gesê ek moet hierdie hele volk dra, en dit is ’n swaar vrag om te dra.
12 Ek is nie hulle ma nie, maar U sê vir my ek moet hulle soos ’n kinder-oppasser teen my bors dra na die land wat U aan hulle voorvaders belowe het.
13 Waar moet ek vleis kry vir al hierdie mense? Want hulle huil by my en hulle sê ek moet vir hulle vleis gee om te eet.
14 Ek kan nie hierdie hele volk alleen dra nie, dit is te swaar vir my.
15 As U my so swaar wil laat kry, dan sal dit beter wees as U my doodmaak, dit sal beter wees vir my. U moenie my so swaar laat kry nie.”
16 Die Here het toe vir Moses gesê: “Jy moet vir My 70 van Israel se leiers laat bymekaarkom. Jy weet wie is goeie leiers en voormanne. Jy moet hulle neem na die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, en jy moet hulle daar by jou laat staan.