6 Maar nou moet ons droë kos eet. Ons sien net manna, niks ander kos nie.”
7 Die manna was soos koljander-saad en dit het geblink soos ’n boom se gom.
8 Die mense het gegaan en hulle het die manna bymekaargemaak. Hulle het dit gemaal op maalklippe of dit fyngestamp in stampblokke, en dan het hulle dit gekook en koekies daarvan gemaak. Die koekies het gesmaak soos olyfolie-koekies.
9 Wanneer die dou in die nag in die kamp geval het, dan het die manna saam met die dou geval.
10 Moses het gehoor dat die mense huil, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here was baie kwaad, en Moses was bang en ontsteld daaroor.
11 Moses het vir die Here gevra: “Hoekom laat U my swaarkry? Ek is u dienaar. Hoekom is U onvriendelik met my? U het gesê ek moet hierdie hele volk dra, en dit is ’n swaar vrag om te dra.
12 Ek is nie hulle ma nie, maar U sê vir my ek moet hulle soos ’n kinder-oppasser teen my bors dra na die land wat U aan hulle voorvaders belowe het.