1 Moses het getrou met ’n vrou wat van die land Kus gekom het. Mirjam en Aäron was ontevrede en het daaroor met Moses gepraat.
2 Hulle het gesê: “Die Here het nie net met Moses gepraat nie, Hy het ook met ons gepraat.”Die Here het gehoor wat hulle sê.
3 Moses was ’n baie nederige man, meer nederig as al die ander mense op die aarde.
4 Maar die Here het toe dadelik vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Julle drie moet na die tent gaan waar Ek aan die Israeliete verskyn.”Hulle het dit gedoen,