4 Maar die Here het toe dadelik vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Julle drie moet na die tent gaan waar Ek aan die Israeliete verskyn.”Hulle het dit gedoen,
5 en die Here het afgekom in ’n wolk-pilaar en Hy het by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam, en hulle het vorentoe gekom.
6 Die Here sê toe: “Luister goed na wat Ek sê. Wanneer Ek, die Here, vir julle ’n profeet stuur, dan sal Ek vir hom wys wie Ek is, Ek sal met hom praat terwyl hy droom.
7 Maar my dienaar Moses is nie so ’n profeet nie, hy is die persoon wat Ek gekies en aangestel het oor almal wat aan My behoort.
8 Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”
9 Die Here was kwaad vir Aäron en Mirjam en Hy het weggegaan.
10 Maar toe die wolk weggaan van die tent, was Mirjam melaats, haar vel was wit soos sneeu. Toe Aäron na haar toe draai, het hy gesien dat sy melaats is.