7 Maar my dienaar Moses is nie so ’n profeet nie, hy is die persoon wat Ek gekies en aangestel het oor almal wat aan My behoort.
8 Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”
9 Die Here was kwaad vir Aäron en Mirjam en Hy het weggegaan.
10 Maar toe die wolk weggaan van die tent, was Mirjam melaats, haar vel was wit soos sneeu. Toe Aäron na haar toe draai, het hy gesien dat sy melaats is.
11 Aäron het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, jy moenie vir ons straf oor die sonde wat ons gedoen het nie, ons was dwaas.
12 Asseblief, moenie dat Mirjam word soos ’n kind wat doodgebore is nie, soos ’n kind wat net ’n halwe liggaam het nie.”
13 Moses bid toe tot die Here, en hy vra: “O God, maak haar asseblief gesond.”