31 En julle kinders? Julle het gesê dat die vyande hulle sal vat. Maar Ek sal húlle daar bring, húlle sal die land ken wat vir júlle nie belangrik was nie.
32 Maar julle, julle dooie liggame sal in hierdie woestyn lê,
33 en julle kinders sal 40 jaar lank skape en bokke moet oppas in die woestyn. Julle was ontrou, en daarom sal hulle swaarkry, totdat al julle dooie liggame in die woestyn lê.
34 Julle het manne gestuur om 40 dae lank te kyk hoe die land lyk, en Ek sal julle ’n jaar lank straf vir elke dag. Julle sal 40 jaar lank die straf moet dra vir julle sonde, julle sal weet dat Ek kwaad is vir julle.
35 Ek, die Here, het gepraat. Ek sal dit doen aan hierdie slegte volk wat in hierdie woestyn opstandig was teen My. Hulle sal almal hier sterf.”
36 Moses het manne gestuur om te gaan kyk na die land. Die manne het teruggekom en hulle het vals stories oor die land vertel. Hulle het die hele volksvergadering opstandig gemaak teen Moses en hulle het vir Moses beskuldig.
37 Daardie manne wat die vals stories vertel het, het almal gesterf van die pes wat die Here gestuur het.