1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gee om in te woon,
3 en een van julle wil vir My ’n vuur-offer gee wat vir My lekker ruik, ’n bees of ’n bok of ’n skaap om ’n brand-offer te wees, of ’n gelofte-offer, of ’n offer wat hy graag wil bring, of ’n offer op een van julle feeste,
4 dan moet hy saam met sy offer ook ’n koring-offer gee. Die koring-offer moet ’n tiende wees van ’n efa van die beste meel wat julle meng met ’n kwart hin olyf-olie.
5 Saam met elke skaap-lam wat ’n brand-offer of ’n ander offer is, moet jy ook ’n kwart hin wyn gee om ’n drank-offer te wees.