14 En wanneer daar by julle of julle nageslag vreemdelinge of ander mense woon, en een van hulle wil vir My ’n vuur-offer gee wat lekker ruik vir My, dan moet hy doen soos julle doen.
15 Die volksvergadering moet altyd dieselfde wet gebruik vir julle en vir die vreemdelinge wat by julle of julle nageslag woon, julle en die vreemdelinge is dieselfde vir My.
16 Julle en die vreemdelinge wat by julle woon, moet almal doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit.”
17 Die Here het vir Moses gesê:
18 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in die land kom waarnatoe Ek julle bring,
19 en julle eet van die kos wat die land vir julle gee, dan moet julle vir My ’n deel van die kos gee.
20 Julle moet vir My ’n rondebrood gee van die eerste deeg wat julle knie. Julle moet dit gee om ’n offer van die dorsvloer te wees.