4 dan moet hy saam met sy offer ook ’n koring-offer gee. Die koring-offer moet ’n tiende wees van ’n efa van die beste meel wat julle meng met ’n kwart hin olyf-olie.
5 Saam met elke skaap-lam wat ’n brand-offer of ’n ander offer is, moet jy ook ’n kwart hin wyn gee om ’n drank-offer te wees.
6 Of wanneer iemand ’n skaap-ram offer, dan moet hy ook ’n koring-offer gee van twee tiendes van ’n efa van die beste meel wat hy meng met ’n derde hin olyf-olie,
7 en hy moet ’n derde hin wyn gee om ’n drank-offer te wees. Dit moet ’n offer wees wat lekker ruik vir My.
8 En wanneer iemand ’n bul gee om ’n brand-offer te wees, of ’n gelofte-offer, of ’n ete-offer vir My,
9 dan moet hy saam met die bul ook ’n koring-offer gee van drie tiendes van ’n efa van die beste meel wat hy meng met ’n halwe hin olyf-olie
10 en hy moet ook ’n halwe hin wyn gee om ’n drank-offer te wees. Dit moet ’n vuur-offer wees wat lekker ruik vir My.