17 Elkeen van julle moet ’n pan neem en wierook daarin sit en hy moet dit vir die Here bring. Elkeen moet sy eie pan hê, daar moet 250 panne wees, en jy en Aäron moet ook elkeen ’n pan hê.”
18 Die volgende oggend het elkeen toe sy pan geneem, en kole daarin gesit en wierook bo-op. Hulle het by die ingang van die tent gaan staan waar die Here aan die Israeliete verskyn. Moses en Aäron het ook daar gestaan.
19 Korag het die hele volksvergadering bymekaargeroep by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy het die volksvergadering opstandig gemaak teen Moses en Aäron. Maar toe sien die hele volksvergadering die lig wat om die Here, die Koning is.
20 En toe sê die Here vir Moses en Aäron:
21 “Julle moet weggaan van hierdie volk, Ek wil hulle dadelik laat sterf.”
22 Maar Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het gesê: “O God, U gee vir almal die lewe. Net een persoon het sonde gedoen, hoekom is U nou kwaad vir die hele volk?”
23 Die Here sê toe vir Moses: