1-2 Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken.
3 Hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en vir hulle gesê: “Julle wil alles self doen. Almal in die volk is gewyd, en die Here is by hulle. Hoekom wil julle regeer oor die volk van die Here?”
4 Toe Moses dit hoor, het hy gaan lê met sy gesig teen die grond.
5 Hy sê toe vir Korag en al sy vriende: “Die Here sal môre wys wie aan Hom behoort en gewyd is. Hy sal wys vir wie Hy gekies het om vir Hom offers te bring.