22 Maar Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het gesê: “O God, U gee vir almal die lewe. Net een persoon het sonde gedoen, hoekom is U nou kwaad vir die hele volk?”
23 Die Here sê toe vir Moses:
24 “Sê vir die volk hulle moet weggaan van Korag, Datan en Abiram se tente.”
25 Moses het opgestaan en hy het na Datan en Abiram toe gegaan, en die leiers van Israel het saam met hom gegaan.
26 Moses het vir die volk gesê: “Asseblief, gaan weg van die tente van hierdie slegte mense en moenie aan iets raak wat aan hulle behoort nie, sodat julle nie verdwyn omdat hulle sonde gedoen het nie.”
27 Die volk het toe weggegaan van die tente van Korag, Datan en Abiram. Datan en Abiram het uitgekom en hulle het by die ingange van hulle tente gaan staan saam met hulle vroue en hulle kinders en hulle ander mense.
28 Toe sê Moses: “Julle sal nou weet dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge te doen, julle sal weet dat ek nie self besluit het om dit te doen nie.