35 Daarna het die Here ’n vuur gestuur, en die 250 mans wat die wierook wou offer, het verbrand.
36 Die Here het vir Moses gesê:
37 “Sê vir die priester Eleasar seun van Aäron hy moet die panne optel en die kole weggooi, want
38 die panne van hierdie sondaars wat gesterf het, is nou gewyd. Julle moet die panne plat slaan en die plate teen die altaar vasmaak. Die manne het die panne naby die altaar gebring, daarom is die panne gewyd, en die plate moet vir die Israeliete ’n teken wees.”
39 Die priester Eleasar het toe die brons panne geneem en hy het hulle plat geslaan en die plate teen die altaar vasgemaak.
40 Wanneer die Israeliete die plate sien, dan moes hulle onthou dat net iemand van die nageslag van Aäron by die altaar mag kom om wierook te brand. As iemand anders daar wierook brand, dan sal dieselfde met daardie persoon gebeur wat met Korag en sy vriende gebeur het. Die Here het vir Moses gesê hy moet dit vir die Israeliete sê.
41 Die volgende dag het die hele volksvergadering van die Israeliete vir Moses en Aäron beskuldig. Hulle het gesê: “Julle het die volk van die Here doodgemaak!”