40 Wanneer die Israeliete die plate sien, dan moes hulle onthou dat net iemand van die nageslag van Aäron by die altaar mag kom om wierook te brand. As iemand anders daar wierook brand, dan sal dieselfde met daardie persoon gebeur wat met Korag en sy vriende gebeur het. Die Here het vir Moses gesê hy moet dit vir die Israeliete sê.
41 Die volgende dag het die hele volksvergadering van die Israeliete vir Moses en Aäron beskuldig. Hulle het gesê: “Julle het die volk van die Here doodgemaak!”
42 Die Israeliete het opstandig geword teen Moses en Aäron, maar toe hulle kyk na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, toe was die wolk oor die tent en toe sien hulle die lig wat om die Here, die Koning, is.
43 Toe Moses en Aäron by die tent kom,
44 het die Here vir Moses gesê:
45 “Julle moet weggaan van die volksvergadering, Ek wil hulle nou dadelik laat sterf.”Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond.
46 Toe sê Moses vir Aäron: “Neem ’n pan en sit daarin van die kole wat op die altaar is. Sit dan wierook bo-op en gaan gou na die volksvergadering toe en doen versoening vir hulle. Die Here is baie kwaad, en daar is mense wat begin sterf.”