45 “Julle moet weggaan van die volksvergadering, Ek wil hulle nou dadelik laat sterf.”Moses en Aäron het gaan lê met hulle gesigte teen die grond.
46 Toe sê Moses vir Aäron: “Neem ’n pan en sit daarin van die kole wat op die altaar is. Sit dan wierook bo-op en gaan gou na die volksvergadering toe en doen versoening vir hulle. Die Here is baie kwaad, en daar is mense wat begin sterf.”
47 Aäron het gedoen wat Moses gesê het. Die mense het begin sterf, maar Aäron het tussen hulle ingehardloop en hy het die wierook gebrand en versoening gedoen vir hulle.
48 Terwyl hy daar staan tussen die mense wat gesterf het en die mense wat nog gelewe het, het daar nie meer mense gesterf nie.
49 Daar was 14 700 mense wat gesterf het. Korag en sy vriende het ook gesterf.
50 Aäron het teruggegaan na Moses by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Daar het nie nog mense gesterf nie.