17 Wanneer iemand so onrein geword het, dan moet hulle van die as neem van die koei wat hulle verbrand het om ’n sonde-offer te wees en hulle moet water uit ’n fontein in ’n kruik gooi saam met die as.
18 Daarna moet iemand wat rein is, ’n hisop-takkie neem en hy moet dit in die water druk. Dan moet hy die water spat op die tent en op al die goed in die tent en op elkeen wat geraak het aan ’n dooie mens se bene of aan die dooie liggaam van iemand wat in oorlog gesterf het, of wat geraak het aan die dooie liggaam van iemand anders of aan ’n graf.
19 Die persoon wat rein is, moet van hierdie water spat op die onrein persoon op die derde dag en op die sewende dag. Dan moet die onrein persoon sy klere was en hy moet bad. Hy sal rein wees wanneer die dag verby is.
20 “Wanneer iemand onrein geword het en hy reinig homself nie, dan moet hulle hom afsny van die volksvergadering, want hy het die tempel-tent van die Here onrein laat word. Hy is onrein, want iemand het nie van die water op hom gespat wat hom rein kan laat word nie.
21 Hulle moet altyd dit doen. Die persoon wat die water gespat het wat iemand rein laat word het, moet sy klere was. En iemand wat aan daardie water raak, sal tot die aand onrein wees.
22 Elke ding waaraan ’n onrein persoon raak, word ook onrein, en die persoon wat aan so ’n ding raak, is onrein tot die aand.”