Numeri 2:17-34 ABA

17 “Daarna moet die Leviete die tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die tente van die Leviete is in die middel van die kamp, en elkeen moet gaan wanneer dit sy beurt is, elkeen by sy vlag.

18-24 “Die vlag van die Efraim-kamp moet wes van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Efraim wat 40 500 manne het,hulle leier is Elisamaseun van Ammihud,Manasse wat 32 200 manne het,hulle leier is Gamliëlseun van Pedasur,Benjamin wat 35 400 manne het,hulle leier is Abidanseun van Gidoni.“In die Efraim-kamp is hulle almal saam 108 100 manne en hulle moet derde gaan.

25-31 “Die vlag van die Dan-kamp moet noord van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Dan wat 62 700 manne het,hulle leier is Agiëserseun van Ammi-Saddai,Aser wat 41 500 manne het,hulle leier is Pagiëlseun van Okran,Naftali wat 53 400 manne het,hulle leier is Agiraseun van Enan.“In die Dan-kamp is hulle almal saam 157 600 manne en hulle moet laaste gaan.”

32 Moses-hulle het die Israeliete in die kampe getel, hulle het getel hoeveel persone in elke familie en groep is. Hulle was almal saam 603 550.

33 Moses-hulle het nie die Leviete saam met die ander Israeliete getel nie. Die Here het vir Moses gesê hy moenie hulle tel nie.

34 Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het hulle tente opgeslaan by hulle vlae, en die families en huisgesinne van elke stam het elkeen gegaan wanneer dit sy beurt is.