1 Die koning van Arad, ’n Kanaäniet, het in die Suid-land gewoon. Toe hy hoor dat die Israeliete aankom op die pad na Atarim, het hy oorlog gemaak teen hulle, en party van hulle het sy gevangenes geword.
2 Die Israeliete het ’n gelofte gemaak. Hulle het aan die Here belowe en gesê: “As U ons laat wen teen hierdie mense, dan sal ons hulle stede heeltemal verwoes.”
3 Die Here het gedoen wat die Israeliete gevra het, Hy het hulle laat wen teen die Kanaäniete. Die Israeliete het die Kanaäniete almal doodgemaak en hulle stede heeltemal verwoes. Hulle het daardie plek toe Gorma genoem.
4 Die Israeliete het van Hor-berg verder gegaan op die pad na die Riet-see. Hulle wou óm die land Edom gaan. Maar die mense het moeg geword op die pad
5 en hulle het teen God en Moses gepraat en gekla. Hulle het gesê: “Hoekom het julle ons uit Egipte gebring om in die woestyn te sterf? Want hier is nie kos en water nie, en ons is moeg vir hierdie slegte kos.”
6 Toe het die Here slange gestuur wat vlerke het. Die slange het die mense gepik, en baie Israeliete het gesterf.