1 Bileam sê toe vir Balak: “Jy moet hier sewe altare bou en jy moet sewe bulle en sewe skaap-ramme gereedmaak om te offer.”
2 Balak het gedoen wat Bileam gesê het, en hulle twee het op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram ge-offer.
3 Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly hier en staan by jou brand-offer, dan sal ek alleen weggaan. Miskien sal die Here na my toe kom en vir my wys wat ek vir jou moet sê.”Bileam het toe na ’n plek op die berg gegaan waar daar nie bome is nie.
4 Toe God by Bileam kom, het Bileam vir God gesê: “Ek het sewe altare laat bou en ek het op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram ge-offer.”
5 God sê toe vir Bileam wat hy moet sê, en Hy sê Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.
6 Bileam het teruggekom by Balak. En daar staan Balak toe nog by sy brand-offer, hy en die amptenare van Moab.