14 Balak het toe vir Bileam na ’n plek bo-op Pisga-berg geneem, hulle kon van daar ver sien. Hy bou toe daar sewe altare en hy offer op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram.
15 Bileam het vir Balak gesê: “Bly staan hier by jou brand-offer, ek sal met die Here gaan praat op ’n ander plek.”
16 Die Here het na Bileam toe gekom en vir hom gesê wat hy moet sê. Die Here het gesê Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.
17 Toe Bileam terugkom by Balak, het Balak nog by sy brand-offer gestaan, hy en die amptenare van Moab. Balak het vir Bileam gevra: “Wat het die Here gesê?”
18 Bileam begin toe praat. Hy het gesê:“Balak, staan op, luister.Seun van Sippor, jy moet hoorwat ek sê.
19 God is nie ’n mens nie,Hy lieg nie,Hy is nie soos ’n mens nie,Hy verander nie wat Hybesluit het nie.Wanneer Hy iets belowe het,dan doen Hy dit.Wanneer hy gepraat het,dan laat Hy dit gebeur.
20 Luister, Hy het gesê ek moetdie volk seën,en wanneer Hy iemand geseën het,dan kan ek dit nieverander nie.