8 Maar as die Here nie die volk vervloek nie,dan kan ek ook nie vir hullevervloek nie.Die Here het nie gesê dat ditsleg moet gaan met hulle nie.Kan ék dan sê dat dit slegmoet gaan met hulle?Nee.
9 Want ek is hier bo-op die rotseen ek sien die volkvan hier bo af,ek kyk van die heuwels afna hulle.Hier is ’n volk wat alleen woon,hulle woon nie saammet ander volke nie.
10 Niemand kan stof tel nie,hulle kan ook nie die nageslagvan Jakob tel nie,niemand kan sê hoeveelis een kwartvan die Israeliete nie.Ek bid dat ek eerlik sal blytotdat ek sterf,en dat my eindesoos hierdie volk se eindesal wees.”
11 Balak het vir Bileam gesê: “Wat het jy nou aan my gedoen? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou geseën!”
12 Bileam het geantwoord: “Ek mag net sê wat die Here vir my gesê het.”
13 Balak sê toe vir Bileam: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek. Jy sal van daar net party van hulle tente sien, jy sal hulle nie almal sien nie. Jy moet hulle vir my vervloek van daardie plek af.”
14 Balak het toe vir Bileam na ’n plek bo-op Pisga-berg geneem, hulle kon van daar ver sien. Hy bou toe daar sewe altare en hy offer op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram.