61 maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here ’n offer gebring het.
62 Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat ’n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.
63 Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo.
64 Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie.
65 Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.