7 Daar was 43 700 persone in die families van die Ruben-stam.
8 Die seun van Pallu was Eliab,
9 en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.
10 Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het ’n teken geword vir ander mense,
11 maar die kinders van Korag het nie gesterf nie.
12 Die families in die Simeon-stam was Nemuel, Jamin, Jakin,
13 Serag en Saul.