20 Julle moet ook ’n koring-offer daarby gee. Julle moet van die beste meel gee wat julle met olyf-olie meng. Dit moet wees: drie tiendes van ’n efa meel saam met ’n bul, twee tiendes van ’n efa meel saam met die skaap-ram,
21 en een tiende van ’n efa meel saam met elke lam.
22 Julle moet ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees wat versoening kan doen vir julle.
23 Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offer wat julle altyd elke oggend moet bring,
24 en julle moet dit doen op elke dag van die sewe dae. Dit is ’n ete, ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Julle moet dit offer saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring.
25 Op die sewende dag moet julle weer bymekaarkom en julle moet julleself aan die Here wy. Julle mag nie werk op daardie dag nie.”
26 Die Here het vir Moses gesê: “Op die dag wanneer julle die Fees van die Weke vier en vir die Here ’n koring-offer gee van die nuwe koring wat julle afgesny het, moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie werk op hierdie dag nie.