16 Moses het toe die name van die Leviete opgeskryf soos die Here gesê het.
17 Hier is die name van die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.
18 Hier is die name van die Gerson-families: Libni en Simi.
19 Die Kehat-families was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
20 Merari se seuns was Magli en Musi. Dit is ook die name van die Merari-families. Hulle was van die nageslag van Levi.
21 Die Libni-familie en die Simi-familie was van die nageslag van Gerson. Hulle was Gerson-families.
22 Die mans en ook die seuns wat ’n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 7 500.