19 Die Kehat-families was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
20 Merari se seuns was Magli en Musi. Dit is ook die name van die Merari-families. Hulle was van die nageslag van Levi.
21 Die Libni-familie en die Simi-familie was van die nageslag van Gerson. Hulle was Gerson-families.
22 Die mans en ook die seuns wat ’n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 7 500.
23 Die Gerson-families moes hulle tente agter die tempel-tent opslaan, wes van die tempel-tent.
24 Die leier van die Gerson-families was Eljasaf seun van Lael.
25 Die nageslag van Gerson moes werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moes sorg vir: die tempel-tent, die tent en sy seil, die gordyn voor die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,