24 Die leier van die Gerson-families was Eljasaf seun van Lael.
25 Die nageslag van Gerson moes werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moes sorg vir: die tempel-tent, die tent en sy seil, die gordyn voor die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,
26 die gordyne rondom die oop stuk grond, die gordyn voor die ingang van die oop stuk grond wat rondom die tempel-tent en die altaar is, en die toue. Hulle moes alles doen wat daar nodig was.
27 Die families Amram, Jishar, Hebron en Ussiël was van die nageslag van Kehat. Hulle was Kehat-families.
28 Die mans en seuns wat ’n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 8 600. Hulle moes al die werk by die tempel-tent doen.
29 Die Kehat-families moes hulle tente opslaan langs die tempel-tent, suid van die tempel-tent.
30 Die leier van die Kehat-families was Elisafan seun van Ussiël.