28 Die mans en seuns wat ’n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 8 600. Hulle moes al die werk by die tempel-tent doen.
29 Die Kehat-families moes hulle tente opslaan langs die tempel-tent, suid van die tempel-tent.
30 Die leier van die Kehat-families was Elisafan seun van Ussiël.
31 Hulle moes werk met die kis, die tafel, die lampstaander, die altare en die gewyde gereedskap daarby, die gordyn en alles wat nodig was by die kis.
32 Die hoofleier van die Levi-stam was Eleasar seun van die priester Aäron. Hy moes kyk dat die Leviete al die werk by die tempel-tent reg doen.
33 Die Magli-familie en die Musi-familie was van die nageslag van Merari.
34 Die mans wat ’n maand of ouer is en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 6 200.