41 Maar jy moet die Leviete vir My neem in die plek van al die oudste seuns van die Israeliete, en jy moet die diere van die Leviete neem in die plek van al die eerste lammers en kalwers van die Israeliete.”
42 Moses het gedoen wat die Here gesê het, hy het die name van die oudste seuns van die Israeliete in ’n boek geskryf, almal wat ’n maand of ouer was.
43 Hulle was almal saam 22 273.
44 Die Here het vir Moses gesê:
45 “Jy moet die Leviete neem in die plek van al die oudste seuns van die Israeliete, en jy moet die Leviete se diere neem in die plek van die Israeliete se diere. Die Leviete behoort aan My, Ek is die Here.
46 Maar daar is minder Leviete as die oudste seuns van die Israeliete. Daar is 273 meer oudste seuns. Jy moet hulle laat loskoop.
47 Jy moet sê hulle moet elkeen van daardie 273 seuns loskoop vir vyf sikkels silwer, dit moet tempel-sikkels wees. Elke tempel-sikkel weeg 20 gera.